|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? |
2 |
Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. |
3 |
Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. |
4 |
Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit -- wie kan daarin deurdring? |
5 |
Die deure van sy gesig -- wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking. |
6 |
'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël. |
7 |
Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. |
8 |
Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. |
9 |
Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad. |
10 |
Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit. |
11 |
Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby. |
12 |
Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond. |
13 |
In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis. |
14 |
Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik. |
15 |
Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen. |
16 |
As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself. |
17 |
Raak iemand hom met die swaard -- dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie. |
18 |
Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het. |
19 |
Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels. |
20 |
Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans. |
21 |
Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder. |
22 |
Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot. |
23 |
Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare. |
24 |
Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees. |
25 |
Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |