|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê: |
2 |
Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? |
3 |
Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. |
4 |
Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. |
5 |
Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? |
6 |
Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? |
7 |
Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het? |
8 |
En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? |
9 |
Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. |
10 |
Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; |
11 |
en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe. |
12 |
Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys, |
13 |
om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word? |
14 |
Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed. |
15 |
En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek. |
16 |
Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed? |
17 |
Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien? |
18 |
Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet. |
19 |
Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis -- waar is tog sy plek, |
20 |
sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis? |
21 |
Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot! |
22 |
Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien, |
23 |
wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog? |
24 |
Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde? |
25 |
Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal; |
26 |
om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie; |
27 |
om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit? |
28 |
Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels? |
29 |
Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel -- wie baar dit? |
30 |
Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar. |
31 |
Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Or¡on losmaak? |
32 |
Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei? |
33 |
Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel? |
34 |
Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek? |
35 |
Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons! |
36 |
Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte? |
37 |
Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel -- wie giet hulle leeg |
38 |
wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe? |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |