|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Verder het El¡hu aangehef en gesê: |
2 |
Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God, |
3 |
dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig? |
4 |
Âk sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u. |
5 |
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is. |
6 |
As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen? |
7 |
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem? |
8 |
U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind. |
9 |
Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes. |
10 |
Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag, |
11 |
wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel? |
12 |
Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners. |
13 |
Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie. |
14 |
Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom. |
15 |
Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie, |
16 |
maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |