|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: |
2 |
Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek. |
3 |
Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë? |
4 |
Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn -- sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word? |
5 |
Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. |
6 |
Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood. |
7 |
Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver. |
8 |
Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil. |
9 |
'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas. |
10 |
'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad. |
11 |
Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan. |
12 |
Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val. |
13 |
Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede. |
14 |
Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge. |
15 |
Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning. |
16 |
Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak. |
17 |
Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie. |
18 |
Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom. |
19 |
Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie. |
20 |
Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan. |
21 |
Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |