A A A A A
Submit

Psalms 117

1
Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!
2
Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!
Afrikaanse Bybel 1933/1953

1
Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke,
2
want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here!
Afrikaanse Bybel 1983

1
Al die volke moet die Here prys, al die mense moet Hom prys,
2
want Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly altyd dieselfde. Julle moet die Here prys!
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Kom prys die Here, al julle volke! Loof Hom, al julle nasies! Hoekom?
2
Want Hy is baie lief vir julle. Hy doen wat Hy belowe het. Ja, die Here se liefde vir julle sal nooit ophou nie. Kom prys die Here!
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Loof die Here, al die nasies. Prys Hom, alle volke.
2
Want sy liefde is groot oor ons; die trou van die Here bly vir altyd. Prys die Here!
Afrikaanse Bybel NLV 2011