Bybel in een jaar
Desember 16


Daniël 5:1-30
1. Koning B,lsasar het 'n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.
2. By die genot van die wyn het B,lsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadn,sar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
3. Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink.
4. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys.
5. Op dieselfde oomblik het daar vingers van 'n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.
6. Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.
7. Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en 'n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers.
8. Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie.
9. Toe het koning B,lsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.
10. Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.
11. Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadn,sar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel -- u vader, o koning! --
12. omdat in hom 'n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak -- in Daniël aan wie die koning die naam van B,ltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.
13. Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Is jy Daniël wat by die Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het?
14. Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.
15. Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie.
16. Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en 'n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.
17. Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan 'n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.
18. Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadn,sar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.
19. En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.
20. Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem.
21. En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos die van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.
22. Maar u, B,lsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet;
23. maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.
24. Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.
25. En dit is die skrif wat geskrywe is: Men,, men,, tek,l ufars¡n.
26. Dit is die uitleg van die woord: Men, -- God het u koningskap getel en daar 'n einde aan gemaak;
27. tek,l -- u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;
28. per,s -- u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.
29. Toe het B,lsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met 'n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
30. In dieselfde nag is B,lsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.

Daniël 6:1-28
1. En Dar¡us, die Meder, was twee en sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.
2. Dit het Dar¡us behaag om oor die koninkryk honderd en twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk sou wees;
3. en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie die landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie.
4. Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat 'n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.
5. Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om 'n grond vir 'n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir 'n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie.
6. Daarop het die manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.
7. Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en so vir hom gesê: Mag koning Dar¡us vir ewig lewe!
8. Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning 'n verordening moet uitvaardig en 'n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word.
9. Stel nou 'n verbod vas, o koning, en laat 'n bevelskrif skrywe wat volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is.
10. Hierom het koning Dar¡us die bevelskrif en die verbod geskrywe.
11. En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op 'n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.
12. Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek.
13. Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie 'n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse.
14. Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op 'n dag doen hy sy gebed.
15. Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang toe het hy moeite gedoen om hom te red.
16. Daarop het daardie manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit 'n wet van Meders en Perse is dat elke verbod of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie.
17. Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!
18. En 'n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, en die koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie.
19. Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug.
20. Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
21. En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?
22. Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!
23. My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.
24. Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar 'n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.
25. En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel.
26. Toe het koning Dar¡us aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!
27. Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.
28. Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het. [ (Daniel 6:29) En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Dar¡us en onder die regering van Kores, die Pers. ]

Psalms 136:10-26
10. Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
11. En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
12. Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
13. Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
14. En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
15. En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
16. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
17. Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
18. En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
19. Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
20. En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
21. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
22. As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
23. Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
24. En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
25. Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
26. Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Spreuke 29:12-13
12. 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
13. Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.

2 Petrus 2:1-22
1. Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;
2. en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
3. en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
4. Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
5. en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
6. en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as 'n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
7. en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;
8. want deur wat hy gesien en gehoor het, het die regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke --
9. die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;
10. en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
11. terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
12. Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
13. en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;
14. met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het 'n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
15. Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van B¡leam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,
16. maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die stem van 'n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder.
17. Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur 'n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
18. Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
19. Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword.
20. Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
21. Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.